December 2, 2020

Franse radio ‘jammer’ oor vals doodsberigte van bekendes

photo france's

PARYS, FRANKRYK. – ’n Openbare radiostasie in Parys moes Maandag om verskoning vra nadat daar as gevolg van ’n “tegniese probleem” doodsberigte van bekende mense, waaronder die Britse koningin Elizabeth en die Brasiliaanse sokkerheld Pele, wat steeds lewe, geplaas is.

Die radiostasie het ’n verskoning aan al hulle intekenaars uitgereik en op hulle Twitter-profiel gesê hulle maak reg om hierdie groot fout reg te stel.

Ander bekendes wat dood verklaar is, is onder andere die Ajatollah Ali Khamenei van Iran, die voormalige Amerikaanse president Jimmy Carter, die Kubaanse leier Raul Castro, die akteurs Clint Eastwood, Sophia Loren en Brigitte Bardot – almal in hul 80’s en 90’s.

Die Franse sakemagnaat Bernard Tapie (77), wie se doodsberig minstens twee keer tevore voortydig deur ander nuusblaaie gepubliseer is, was ook op die lys.

Lees meer artikels hier.

© Agence France-Presse

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *