Getroude man steek homself en minnares aan die brand

PRETORIA. – ’n Getroude Nigeriër het homself en sy minnares aan die brand gesteek nadat sy sy huweliksvoorstel geweier het.

Die Benue-staatspolisie sê die man het na die huweliksvoorstel na die meisie se huis gegaan met petrol wat hy gebruik het om die huis aan die brand te steek. Volgens Punch Nigeria was die man in sy veertigs en getroud met kinders, maar hy het al ‘n geruime tyd met die jong vrou uitgegaan.

Vlamme probeer blus

Die bure het glo gesien hoe die man met die kanne petrol doe huis binnegaan, maar hulle het gedink dit gaan vir die kragopwekker gebruik word.

Polisie sê die bure het die vlamme probeer blus, maar was onsuksesvol.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: