Wiskunde-vraestelle lek uit ure voor eksamen afgelê word

Foto: Unsplash

Die Wiskunde-matriekeindeksamen se tweede vraestelle het Maandagoggend ure voor die eksamen begin het, aan kandidate in Gauteng en Limpopo uitgelek.

Die departement van basiese onderwys het gesê hy kon die vrae wat aan die leerlinge uitgelek het, verifieer en vasstel dis dieselfde vrae wat in die matriekleerlinge se vraestel was.

Die departement sê wetstoepassers sal help om ondersoek in te stel. Hy sê ook daar sal volledig ondersoek ingestel word om seker te maak die leerlinge wat toegang tot die vraestelle gehad het, word geïdentifiseer.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *