April 18, 2021

Beloning uitgeloof vir hulp met inhegtenisname

KIMBERLEY – Annemarie Zimmerman, inwoner van Kimberley, sê sy bied ‘n beloning aan vir enigiemand wat kan help met die inhegtenisname van die skuldiges ná haar sekuriteitskameras op 11 November van haar hek af gesteel is.

Die voorval het om 22:39 in Milnerstraat plaasgevind.

“Twee van die kameras is weg en daar is duidelik aan ‘n derde een gepeuter, maar hulle kon hom nie afkry nie,” sê Zimmerman. “Ek was ongelukkig nie in die dorp nie.”

Enigiemand wat die persone op die foto’s herken, skakel asseblief vir Zimmerman by 082 882 7552.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: