Verdagtes vas oor R1,9 m se perlemoen

Foto: SAPS

KAAPSTAD – Twee verdagtes is vasgetrek en verskyn op 18 November in die Goodwood-landdroshof ná die polisie 8776 gedroogde perlemoene ter waarde van ongeveer R1,9 miljoen gekonfiskeer het.

Die Valke-span en die departement van omgewingsbosbou en vissery span saam om die onwettige perlemoenstropers in Kaapstad vas te trek.

‘n Soektog na smokkelperlemoen is aan die gang gesit en daar is op perlemoen in Kenridge en Edgemead afgekom.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: