Swart Maandag-beweging Vrydag in Brackenfell

Foto: News24

BRACKENFELL – Die Nasionale Swart Maandag-beweging beplan Vrydag ’n vreedsame optog by Hoërskool Brackenfell ter ondersteuning aan ouers, kinders en die skool.

“Onthou dat elkeen asseblief moet besef dat ons uiters rustig en vreedsaam moet wees. Geen rassisme, geweld, wapens of ou landsvlae sal toegelaat word nie. Ons gaan teenwoordig wees in getalle en seker maak dat ons kinders veilig is en dat ons vir die EFF wys ons staan nie terug nie,” lui die beweging se Facebook-inskrywing.

Die EFF het op 6 en 9 November buite Hoërskool Brackenfell bymekaargekom om teen beweerde rassisme te betoog.

Daar het ’n herrie ontstaan na leerlinge van die skool ’n privaat funksie vir hulle matriekafskeid gereël het en ‘net wit leerlinge’ na die funksie uitgenooi was. Die leerlinge wat die funksie bygewoon het, is as rassisties bestempel omdat slegs wit leerlinge na die funksie genooi is.

Die skool het weens Covid-19-regulasies en die pandemie nie ’n funksie vir vanjaar se matrikulante gereël nie.

Jannie Muller, skoolhoof van Hoërskool Brackenfell, het gesê die geleentheid is glad nie deur die skool gereël nie. Die funksie is ook nie op die skoolgrond gehou nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: