Man opgehang, vrou en kinders gebrand

Deel hierdie storie / Share this story

MPUMALANGA. – ’n Vrou veg om haar lewe nadat sy en haar twee kinders vermoedelik deur haar man gebrand is voordat hy homself gehang het.

SAPS berig die man en sy vrou het die aand van die voorval ’n woordewisseling gehad. Die man het petrol oral in die die kamer gegooi en die kamer aan die brand gesteek. Sy vrou en twee kinders, onderskeidelik 9 en 11, was in die kamer. Die bure het die vrou en die vrou en kinders uit die brandende kamer gered en hulle na ’n hospitaal geneem. Die man het gevlug voordat die bure op die toneel opgedaag het. Die polisie is van die voorval in kennis gestel.

Twee sake van moord

Die kinders het in die hospitaal aan hulle beserings beswyk. Nuus van die kinders se dood het vinnig bekend geword en die man is gehang aan ’n boom gevind. Hy is op die toneel dood verklaar. Die Mpumalanga-polisie ondersoek twee sake van moord, poging tot moord, brandstigting en strafbare manslag.

Volg FiND iT hier.