Diere verbouereerd na vuurwerkvertoning heel naweek klap

PIETERMARITZBURG. – Personeel van die SPCA het heel naweek tydens die Diwalis-fees verbouereerde diere in die omgewing gehelp.

Roland Fivaz, bestuurder van die Pietermaritzburg SPCA, het aan News24 gesê twee honde moes as gevolg van beserings uitgesit word. Volgens Fivaz was dié jaar se fees die ergste in 26 jaar. Hy sê die vuurwerkvertoning was harder en groter as die vorige jare. Hy is verbaas dat daar nie meer beserings is nie.

Vuurwerkvertoning

Die SPCA het onder andere ’n pitt-bull teëgekom wat wild rondgehardloop en gebewe het. Fivaz sê hy het nog nooit ’n hond so bang gesien nie. Die hond was glo in ’n erf en die SPCA kon dus nie sonder ’n lasbrief die erf betree nie.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: