Man oorleef 25 m val

Deel hierdie storie / Share this story

KWAZULU-NATAL. – ’n Bekende bergklimmer het Sondag 25 m vanaf die bopunt van die Magnetic Wall by Shongweni-reservaat geval.

Sy mede-bergklimmers het dadelik die Mountain Club of SA – Section – Rescue ontbied. Hulle het op die toneel met ’n dokter en gevorderde lewensondersteunende paramedici opgedaag. Volgens Mountain Club of SA – Section – Rescue was die man in ’n goeie toestand. Daar word beweer die inpak van die val is deur die bome gebreek.

Die man is na die ambulans geneem en in ’n hospitaal opgeneem.

Volg FiND iT hier.