VRYSTAAT. – Andries Loots (63) is op 25 Oktober tydens ’n plaasaanval doodgeskiet, maar die voorval was tot nou onbekend aan die media.
Loots en ’n veiligheidswag het op die plaas rondgeloop omdat diewe die sinkplate op die vark-plaas steel. Daar word beweer hulle het ’n beweging by een van die varkhokke gesien en ondersoek gaan instel. Kort daarna is hulle glo deur ’n groep gewapende mans oorrompel.
Tussen die varkhokke gekry
Die veiligheidswag is na bewering teen die grond vasgedruk terwyl die ander Loots aangerand het. Die veiligheidswag is deur die aanvallers gedwing om sinkplate en ander goedere op ’n bakkie te laai. Die polisie is na die voorval ontbied. Hulle het Loots se lyk na ’n gesoek tussen die varkhokke gekry.
’n Geruime tyd geteister
Helena Steyn, Loots se dogter en Etienne Kruger, ’n kollega, sê die plaas word al ’n geruime tyd geteister. Volgens Steyn word varke gereeld op die plaas gesteel. Selfs die sinkplate van die hokke word self gesteel.
Volg FiND iT hier.



