FLORIDA. – ’n Man in Stuart, Florida, het glo sy swanger vrou doodgeskiet nadat hy haar vir ’n inbreker aangesien het. Die man het glo in die nag wakker geword van ’n geraas, wat hy as dié van ’n inbreker beskou het. Hy het die “inbreker” geskiet om sy gesin te beskerm.
Volgens iHeartintelligence het die man eers na die tyd besef hy het sy swanger vrou geskiet. Nadat hy sy vrou noodlottig gewond het, het die man na bewering saam met die egpaar se kind na buite gehardloop waar hy om hulp geskree het. Hy het op die toneel aan polisie herken dat hy sy vrou per ongeluk geskiet het.
Volgens berigte is die vrou se liggaam met ’n skietwond aan die kop en ’n handwapen langs haar gevind. Sy is na die hospitaal gebring waar sy dood verklaar is. Volgens die balju se kantoor kon die dokters die baba red.
Lees meer artikels hier.



