Ontbindende liggaam in rivier gevind

PRETORIA. – Die ontbindende lyk van ’n man is Sondag in die Apiesrivier in Sinoville, Pretoria, gevind.

Die liggaam is met die hulp van Tshwane-duikers agter ’n plaaslike gimnasium in die omgewing uitgehaal.

Volgens _FlyingNews_ het die polisie gesê die gemeenskapslede het die gru-ontdekking gemaak toe hulle ’n kortpad deur die veld geneem het.

“Die liggaam moes dae lank daar gewees het, want dit was moeilik om die man te identifiseer vanweë die toestand van ontbinding.”

Dit is nog nie duidelik wat met die oorledene gebeur het nie.

“Ons wag op die uitslag van die nadoodse ondersoek om te sien of die man geïdentifiseer kan word.”

Foto’s: FlyingNews

Lees meer artikel hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *