February 25, 2021

Lyk gevind, hart en verteringstelsel lê buite

DURBAN. – Snegugu Linda (19) se liggaam is Sondag naby Hammarsdal gevind. Linda se hart en verteringskanaal het na bewering langs haar liggaam gelê.

Tydens ’n argument

Kapt. Nqobile Gwala, polisiewoordvoerder, sê ’n moordsaak word ondersoek. Volgens Gwala het Linda se liggaam verskeie steekwonde aan haar rug en maag gehad. Londiwe (33), Linda se ma, het haar dogter twee weke laas gesien. Haar ma het toe ’n steekwond aan haar hand gesien. Sy het toe na bewering aan haar ma gesê haar kêrel het haar tydens ’n argument gesteek. Londiwe sê haar dogter het ook aan gaar vertel dat sy swanger is.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: