EFF en Hoërskool Brackenfell vandag weer in hof

Foto: SABC

WES-KAAP. – ’n Aansoek om ‘n dringende interdik om te keer dat die EFF buite Hoërskool Brackenfell betoog, word vandag in die hooggeregshof in Kaapstad aangehoor.

Veiligheid van die skool se leerlinge

Die aansoek is deur die skool se beheerliggaam gebring. Die saak is laas week reeds aangehoor, maar is toe uitgestel om die EFF kans te gee om vertoë te rig. Bronagh Hammond, woordvoerder van die Wes-Kaapse onderwysdepartement, sê die situasie by die skool word streng gemonitor. Hammond sê die departement se grootste kommer is die veiligheid van die skool se leerlinge. Hy sê die jaar was reeds moeilik vir die matrieks en hulle het hard gewerk.

Leerlinge van kleur

Die interdik volg nadat lede van die EFF buite die skool betoog het na beweerde rassisme. Die matriekleerlinge se ouers het ’n privaat funksie gehou waarheen leerlinge van kleur glo nie genooi was nie. Die EFF het na die bewerings by die skool opgedaag en geëis dat die onderwysers en die hoof vervolg moet word. Ouers en lede van die gemeenskap het ook by die skool opgedaag om hul kinders te beskerm en te keer dat die matrieks se eksamen ontwrig word. Daar het voorheen ’n geveg tussen die twee groepe ontstaan waarna polisie skokgranate moes gebruik.

Daar word ook verwag dat die EFF Vrydag weer  by die skool gaan opdaag.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: