Hoërskool Brackenfell al vantevore in die sop oor gebrek aan diversiteit

Foto: 'n Foto van die voorval naby Hoërskool Brackenfell (News24)

BRACKENFELL – Die beheerliggaam van Hoërskool Brackenfell in Kaapstad het luidens ’n brief van die skool se beheerliggaam reeds in Julie met ouers vergader na daar by dié skool oor die gebrek aan diversiteit gekla is.

Die skool het na die vergadering maatreëls ingestel om diversiteit te bevorder.

Daar het verlede week Maandag geweld naby die skool uitgebreek na die EFF en ’n groep van die leerlinge se ouers bymekaargekom het.

Dr. Guillaume Smit, voorsitter van die skool se beheerliggaam, het die maatreëls in die brief uiteengesit.

Van die maatreëls sluit in dat ’n diversiteitskomitee reeds ’n vergadering gehou het, die skool se beleid oor meisies se hare aangepas is en konsultante aangestel is om diversiteitsopleiding aan leerlinge te bied.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: