February 28, 2021

Ses dood in gru-botsing

Foto: ER24

VRYSTAAT – Ses mense is dood en ten minste nege ander beseer na ‘n kop-aan-kop-botsing Saterdagaand op die N8 in die rigting van Botshabelo in die Vrystaat.

Volgens ER24 het verskeie pasiënte in die pad gelê toe die ER24-personeel om 17:30 op die toneel aangekom het.

‘n Motor het in die pad gestaan en ‘n paar meter verder het ‘n bakkie op sy sy gelê, sê sy.

Vyf mense, waarvan twee kinders en een ‘n baba is, is op die toneel dood verklaar. Nege ander het veelvuldige beserings opgedoen en een kind, wat ernstige beserings opgedoen het, is kort na sy by die hospitaal aangekom het oorlede.

ER24 en ander nooddienste het die pasiënte op die toneel behandel voor hulle vir verdere mediese behandeling na verskeie hospitale geneem is.

Besonderhede oor die ongeluk is nie aan die paramedici bekendgemaak nie, maar beamptes was op die toneel om ondersoek in te stel.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: