Gemeenskap ondersteun skool na meisies eie lewens neem

PAARL – Die Paarl-gemeenskap het ‘n inisiatief begin waar hulle Maandag blomme by die hekke van die Hoër Meisieskool La Rochelle gaan neersit ter nagedagtenis aan Zara Malherbe en Jade Gouws wat beide hul eie lewens geneem het.

Dié meisies was graad 11-leerlinge by die skool.

Volgens Paarlberg-gemeente, ‘n kerk in die Paarl, lê sommige van hulle vriende vandag belydenis van geloof af.

“As jy jou meegevoel wil betuig met die gemeenskap van La Rochelle asook ons tieners, is jy welkom om môre blomme na die kerk te bring en op die tafel voor in die kerk neer te sit. Ons sal dit dan Maandagoggend namens jou na La Rochelle neem,” lui die inskrywing.

Debbie Schäfer, minister van onderwys in die Wes-Kaap, het in ‘n verklaring bevestig die skool bied nou berading aan vir die onderwysers en vriende van die twee leerlinge.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *