VRYSTAAT – Patrick Bochedi (36) en Mojalefa Modise (38) sal Maandag in die plaaslike landdroshof verskyn op aanklagte van die moord op Pieter en Eddie Hills.
Daar word ‘n vreedsame protesoptog beplan teen die moontlikheid dat dié twee verdagtes op borgtog vrygelaat sal word.
Francois Wilken, president van Vrystaat Landbou, sê die moorde is onaanvaarbaar en die gemeenskap is keelvol vir die aanslag op onskuldige mense.
Pieter Hills is verlede Donderdag op sy plaas net buite Hennenman doodgeskiet en Eddie, sy seun, het later aan sy beserings in die hospitaal beswyk.



