April 18, 2021

Ace-ondersteuners wat Cyril-T-hemde brand, veroordeel

Foto: News24

BLOEMFONTEIN – Pule Mabe, woordvoerder vir die ANC, het die Ace Magashule-ondersteuners wat gister in Bloemfontein so ver gegaan het om T-hemde met president Cyril Ramaphosa se gesig op, aan die brand te steek, se optrede veroordeel.

Magashule, sekretaris-generaal van die ANC, het Vrydag in die hof in Bloemfontein verskyn na daar ’n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik is.

Hy het op aanklag van korrupsie, bedrog, diefstal en geldwassery in die R255 miljoen asbestose-saak verskyn. Hy is op borgtog van R200 000 vrygelaat en moet weer op 19 Februarie 2021 in die hof verskyn.

Mabe het gesê daar sal ernstige stappe gedoen word teen die ondersteuners wat die ‘ANC se leierskap ondermyn’.

“Die nasionale amptenare van die ANC het in ’n verklaring gesê dat diegene wat kies om hulle ondersteuning te wys, dit op ’n beskaafde manier moet doen,” sê hy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: