Polisie na renosterstropers op soek

Foto: SAPD

LIMPOPO – Die polisie op Dorset in Limpopo is tans op soek na verdagtes in verband met ‘n renoster wat Vrydag doodgeskiet en van sy horings gestroop is.

Kol. Moatshe Ngoepe, polisiewoordvoerder, sê ‘n werker wat op die wildsplaas aan diens was het op die dier afgekom.

As jy miskien enige inligting het wat die polisie in dié verband kan help, skakel asseblief vir a.o. Van Heerden by 082 414 2337.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: