Glimlaggende vrou nou net ‘aartappelkop’

Foto: Fox News

PALENCIA, SPANJE – ’n Gesmelte gesig, twee gate vir oë, ’n misvormde knop van ’n neus en ’n skewe gat vir ’n mond… Die nuutste kunswerk wat in Spanje onder die verkeerde kunstenaar se hande deurgeloop het.

Dié beeld het baie kommentaar uitgelok na ’n kunstenaar van Palencia, Antonio Guzmán Capel, foto’s daarvan op Facebook gedeel het.

Volgens Capel is die restourasie glo 10 jaar gelede al gedoen, maar trek dit nou eers aandag.

Die standbeeld, wat voorheen ’n glimlaggende vrou was, staan nou as ‘aartappelkop’ bekend. Joernaliste en selfs toeriste besoek nou die gebou om foto’s te neem. Die standbeeld is vir die eerste maal in 1923 onthul.

’n Vereniging van professionele restoureerders en bewaarders het die restourasie op Twitter veroordeel en gesê dis glad nie professioneel nie.

Bron: NPR, Fox News

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: