February 28, 2021

Onderwysdepartement geskok oor onderwyser se inhegtenisname

KIMBERLEY – Die Noord-Kaapse departement van onderwys het die onderwyser wat in hegtenis geneem is op aanklag van die verkragting van ‘n 13-jarige leerling, ten sterkste veroordeel.

Geoffrey van der Merwe, woordvoerder van die departement, sê die departement is geskok deur sy inhegtenisname.

“Die departement het die onderwyser voorlopig geskors en sal sy eie ondersoek rakende die aantygings instel,” sê Van der Merwe. “Ons sal die nodige dissiplinêre stappe neem.”

Verder sê Van der Merwe alle leerlinge is belangrik en die departement wil elkeen te alle tye beskerm. Hy sê dié is ‘n ernstige saak en dit sal die departement se onmiddellike aandag ontvang.

“Die departement doen op alle ouers en skoolgemeenskappe ‘n beroep om ons leerlinge te beskerm en te alle tye bewus te wees van waar hulle is,” sê hy.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: