Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 2 213 meer geword.
Daar is volgens dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, nou 746 945 positiewe gevalle van die virus in die land.
Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 20 153 en 692 177 persone is van die virus genees.
Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 5 086 887 toetse vir die virus doen.



