Kimi Makwetu, SA se ouditeur-generaal, sterf

Deel hierdie storie / Share this story

Kimi Makwetu (54), Suid-Afrika se ouditeur-generaal, het Woensdag sy stryd teen kanker verloor na dit in Junie 2018 by hom gediagnoseer is.

Die kantoor van die ouditeur-generaal het Woensdag in ‘n verklaring gesê Makwetu is vroeër die middag in MediClinic in Sandton oorlede.

Makwetu word deur sy vrou en drie kinders oorleef.