Kimi Makwetu, SA se ouditeur-generaal, sterf

Foto: Moneyweb
Kimi Makwetu (54), Suid-Afrika se ouditeur-generaal, het Woensdag sy stryd teen kanker verloor na dit in Junie 2018 by hom gediagnoseer is.
Die kantoor van die ouditeur-generaal het Woensdag in ‘n verklaring gesê Makwetu is vroeër die middag in MediClinic in Sandton oorlede.
Makwetu word deur sy vrou en drie kinders oorleef.