Covid Alert-app: het jy dit al afgelaai?

President Cyril Ramaphosa het weer gisteraand in sy toespraak die land gevra om die Covid Alert-app op hulle selfone af te laai Ramaphosa het besighede aangemoedig om hulle werknemers te vra om die app af te laai.

Wat behels hierdie app? Gaan dit persoonlike data bekendmaak?

Anonieme kodes

Die nasionale gesondheidsdepartement het die Covid Alert-app bekendgestel. Die app gaan jou beweging monitor en jou Covid-19-status word daarop aangedui.

Indien jy die app op jou selfoon installeer, gee jy die app toestemming om jou ligging te monitor. Anonieme kodes word via Bluetooth tussen gebruikers van die app gestuur. Die app kan mense met wie jy in kontak was die afgelope twee weke in kennis stel indien jy op die app aangedui het jy is positief getoets. Dieselfde geld as jy in kontak was met iemand wat positief toets en julle selfone unieke kodes uitruil.

Outomaties op jou foon

Jy kan self op die app aandui indien jy positief is of die departement van gesondheid kan dit namens jou doen. Die kode wat die departement aan jou gee as jy getoets word, moet op die app ingevoeg word.

Net die departement gaan toegang tot die inligting hê en geen identifiseerbare besonderhede sal gevra word nie.

Indien jy die nuutste sagteware op jou foon installeer sal die app outomaties op jou foon geïnstalleer word. Die Covid-app sal wel gedeaktiveer wees en jy moet hom eers aktiveer voordat dit sal werk.

Volg FiND iT hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: