February 25, 2021

‘Dra wit of pers tussen 25 en 29 November vir boere,’ vra beweging

Foto: Color Hex

“Dis totaal onaanvaarbaar dat ons president geslagsgeweld en die Covid-19-sterftes genoem het, maar nie plaasaanvalle en -moorde nie. Daarom doen die Swart Maandag-beweging ’n beroep op Suid-Afrikaners om gedurende die nasionale rouperiode, van 25 tot 29 November, pers of wit aan te trek,” sê Valerie Beylefeldt, een van die beweging se organiseerders.

Beylefeldt sê hulle weier om stil te bly oor die plaasaanvalle wat soveel boere in die laaste tyd se lewens geëis het. Sy sê hulle aanvaar ook nie dat die president dit nagelaat het om plaasaanvalle- en moorde in sy toespraak te noem nie. Beylefeldt sê verder dit is ’n landswye besluit om in dié tyd pers of wit te dra.

“Ons daag alle mediahuise uit om ook van 25 tot 29 November pers of wit klere aan te trek uit erkenning vir die boere wat in plaasaanvalle en -moorde beseer is, oorlede is of familie verloor het.”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: