Gerugte oor Angela Regal se inhegtenisneming

Deel hierdie storie / Share this story

VRYSTAAT. – Valse gerugte doen die rondte op Whatsapp dat Mark Regal se vrou, Angela, vandag in hegtenis geneem is.

Brig. Motants Makhele, polisiewoordvoerder, het aan FiND iT bevestig Mark en die verdagte is op die toneel dood. “Daar is tans twee sake geopen. Moord van ’n boer en strafbare manslag nadat een van die verdagtes doodgeskiet is,” sê Makhele. Hy sê niemand is nog in verband met albei sake in hegtenis geneem nie.

Mark is gisteraand op sy pa se plaas buite Odendaalsrus vermoor. Angela het buite gesit toe twee mans haar genader het. Sy het na bewering op hulle begin skiet. Een van die verdagtes is op die toneel dood terwyl die ander een te voet gevlug het.

Volg FiND iT hier.