February 25, 2021

Werklose ouers verkoop glo 40 dae oue baba aanlyn

CHINA. – Drie mense word glo tans vir kinderhandel aangehou nadat ’n paartjie hulle 40 dae oue baba aanlyn verkoop het. Die pa van die baba het glo sy werk tydens die wêreldwye Covid-19-pandemie verloor en kon nie ander werk vind nie. Hy het glo sy vrou oorreed om die baba weens finansiële druk te verkoop.

Die ouers het reeds twee kinders gehad toe die ma uitvind sy is swanger met die derde baba.

Volgens the Daily Mail het die ouers die baba aanlyn vir R370 000 aan ’n vrou verkoop. Die vrou is deur die polisie gevang nadat sy agterdogtig opgetree het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: