Dokter laat val skenkerhart nadat dit helikopterongeluk oorleef

L.A. – ’n Helikopter wat ’n skenkerhart na ’n hospitaal geneem het, het op die hospitaal se dak neergestort. Die skenkerhart het die ongeluk oorleef, maar toe laat val ’n dokter dit.

Volgens iheartintelligence moes die helikopter met die meganiese kake oopgemaak word sodat die skenkerhart gered kon word.

’n Dokter het egter gestruikel en die skenkerhart laat val toe hy van die ongeluk af wegstap.

Die hart is gelukkig ongedeerd en is aan die hospitaal oorhandig. ’n Paar uur later is die hart suksesvol in ’n pasiënt oorgeplant.

Volgens kenners het die helikopter se lem gebreek.

Gelukkig is die drie mense aan boord nie beseer nie.

Lees meer artikels hier.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: