Proteahoogte in Brackenfell ontvang bomdreigement

Deel hierdie storie / Share this story

BRACKENFELL. – Die polisie se bomeenheid is nou besig om Proteahoogte Akademie in Brackenfell te deursoek nadat die skool ’n bomdreigement ontvang het.

Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoordvoerder, sê die skool het ’n oproep ontvang dat daar is ’n bom op die perseel. Die skool het dadelik die polisie gekontak. Die skool word tans deursoek om te bevestig of daar werklik ’n bom is. Die skool is dadelik ontruim.

Proteahoogte is om die draai van Hoërskool Brackenfell. Video’s wat buite die skool geneem is, wys hoe die kinders buite die skool bymekaargekom het. Niemand word verder op die perseel toegelaat nie.

Volg FiND iT hier.