Daggaverkope sal nou die hoogte inskiet, sê navorsingsfirma

Deel hierdie storie / Share this story

Euromonitor, die internasionale navorsingsfirma, verwag dat daggaverkope in die volgende paar jaar die hoogte gaan inskiet ná nog vier Amerikaanse state onlangs gestem het om dagga vir ontspanningsdoeleindes te wettig.

Om dagga te kweek en te rook, sal nou in 15 Amerikaanse state wettig wees.

Euromonitor meen daggaverkope sal binne die volgende vyf jaar met soveel as 376% styg.

Dié navorsingsfirma sê ook dat dagga vir medisinale doeleindes in 2025 slegs 9% van wêreldwye verkope sal uitmaak.

Gedroogde daggablomme, wat tans die gewildste vorm is waarin dagga verkoop word, sal volgens Euromonitor in die volgende vyf jaar met 8% val. Verkope in die vorm van rome, olies en versnaperinge sal seëvier.

Die daggabedryf genereer volgens Euromonitor ‘n wêreldwye inkomste van $170 miljard.