Eddie Hills, die 26-jarige boer wat op 6 November saam met sy pa op hulle plaas aangeval is, is ‘n paar minute gelede oorlede.
Sy meisie, Marizanè du Plessis, het die nuus op haar Facebook-profiel bekendgemaak.
“My beer, ons boetaboy, ons Eddie. Jy is by die huis, my beer. Wag vir ons en slaap sag,” skryf sy.

Eddie is Maandagaand breindood verklaar na sy nek- en rugwerwels ernstig in die aanval seergekry het.
Sy pa, Pieter Hills, is in die aanval doodgeskiet.



