CHARTWELL. – Sewentien mense is vanoggend na ’n botsing tussen vyf ligte motorvoertuie en ’n taxi beseer. Volgens ER24 het paramedici en ander dienste op die toneel opgedaag en vyf ligte motorvoertuie en ’n taxi gevind wat die een rigting van die pad versper.
Medici het die passasiers ondersoek en bevind dat een vrou in haar 30’s ernstige beserings opgedoen het terwyl sestien ander pasiënte ligte tot matige beserings opgedoen het. Gelukkig is geen sterftes op die toneel aangemeld nie.
Die pasiënte is vir hul beserings behandel, en die vrou wat ernstig beseer is, is van pynstillende medisyne voorsien voordat hulle na ’n nabygeleë hospitaal vir verdere sorg vervoer is.
Die besonderhede rondom hierdie voorval is nog nie bekend nie, maar plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.
Lees meer artikels hier.



