President Cyril Ramaphosa het in sy toespraak gesê dat Suid-Afrikaners gedurende die feestyd na Covid-19-regulasies moet oplet.
“Ek vra dat almal doen wat ons weet ons moet. Die virus versprei wanneer ons naby aan mekaar is, deur ons neuse of monde. Ons moet dus maskers dra wat ons monde en neuse toemaak. Dit bly die beste manier om die virus te beveg.”
“Maskers maak dit moeilik om ander te herken of mekaar duidelik te hoor. Maar om een te dra wanneer ons die huis verlaat, is baie beter as om ‘n tweede vlaag van die virus te ervaar.”
“Baie infeksies is aangemeld op plekke waar min sosiale distansiëring gehandhaaf is. Ons wil kuier en ons wil graag van die negatiewe dinge van 2020 vergeet, maar ons moet groot byeenkomste vermy.”
President Ramaphosa doen verder ‘n beroep op alle Suid-Afrikaners wat nog nie het nie, om die Covid-19 Alert-app af te laai.



