President Cyril Ramaphosa het vanaand in sy toespraak gesê die Covid-19-pandemie is nog lank nie verby nie.
“Vir meer as twee maande nou al verminder die virusgetalle in die land. Baie van regoor die wêreld het Suid-Afrika gelukgewens met die manier waarop ons die pandemie hanteer,” sê hy.
“Die grootste terugslag wat ons tot dusver ervaar het, is die sterftes van 20 011 Covid-19-pasiënte.”
“Alhoewel infeksiesyfers gestabiliseer het, styg die syfer steeds,” sê hy.
President Ramaphosa sê verder Suid-Afrika moet teen die stygende infeksiesyfers optree.
Die nasionale ramptoestand word met nog ‘n maand, tot 15 Desember 2020, verleng.



