Kubaanse internis in Upington sterf aan Covid-19

Dr. Misael Rodriguez, Kubaanse internis, wat al vir 22 jaar in Upington praktiseer, is in ‘n Gautengse hospitaal aan Covid-19 oorlede.

Rodrigguez het na Covid-19 pasiente in die Dr. Harry Surie-hospitaal in Upington omgesien. Hy is op 29 September in Robert Sobukwe hopsitaal in Kimberley opgeneem vir behandeling. Hy is later na Milpark-hospitaal in Gauteng oorgeplaas en is Saterdag weens die virus oorlede.

Lebogang Majaha, woordvoerder van die Noord-Kaapse gesondheidsdepartement, het Rodrigguez se dood bevestig.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

%d bloggers like this: