WES-KAAP. – Hoërskool Brackenfell se beheerliggaam het nie daarin geslaag om ‘n dringende hofinterdik in die Wes-Kaapse hooggeregshof te bekom nie. Die rede vir die interdik is om die EFF te verbied om verdere betogings buite die skool te hou.
Privaat funksie
Die EFF het die aansoek teengestaan. Dit volg nadat EFF-ondersteuners voor die hoërskool betoog het na ’n privaat funksie gehou is waarheen leerlinge van kleur glo nie genooi was nie.
Regter Siraj Desai, voor wie die saak aangehoor is, het gesê die EFF se optrede sal nie die eksamens wat tans by die skool geskryf word, belemmer nie. Die regsverteenwoordiger van die EFF, Deneys van Reenen, sê die party wil hul grondwetlike regte uitoefen.
Tot Maandag uitgestel
Die interdik is nie toegestaan nie en die aansoek is tot Maandag uitgestel om die EFF in staat te stel om Vrydag hulle dokumente in te dien.
Volg FiND iT hier.



