KWAZULU-NATAL. – Daar is 14 mens Maandagaand op die N3 in ’n gru-ongeluk dood.
Twee vragmotors en ’n minibustaxi was in die ongeluk betrokke. Robert McKenzie, woordvoerder van die provinsiale nooddienste, sê altesaam 13 vrouens en een man is op die toneel dood. Nog ’n persoon is ernstig beseer en na die naaste hospitaal geneem.
Die oorsaak van die ongeluk is nie bekend nie.
Volg FiND-iT hier.



