WES-KAAP. – Die familie van die vermoorde Johan Ungerer het ’n beloning van R10 000 beskikbaar gestel vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van sy moordenaars.
Unieke trouring
Die familie hoop dat Johan se gesteelde en unieke trouring met die inhegtenisneming sal help. Indien die ring by ’n pandjieswinkel ingegee word, sal die polisie die verdagtes kan vaskeer.
Die egpaar is Maandagaand in hulle slaapkamer in Stilbaai aangeval. Johan is deur die aanvallers vermoor en sy vrou se hande en voete is vasgebind. Sy is daarna in ’n kamer saam met haar man se lyk toegesluit. Die verdagtes het in die egpaar se bakkie gevlug. Die bakkie is later verlate op die Stilbaai-pad gekry. Lees die vorige artikel hier.




