Die Withuis het vir vier jaar geen honde gehuisves nie, maar Major en Champ sal na verwagting daar intrek. Dit is Joe en Jil Biden se twee herdershonde.
Hond uit ’n diereskuiling
Major maak ook geskiedenis deur die eerste aangenome hond uit ’n diereskuiling te wees wat die Withuis as adres kan opgee. In 2018 het Biden se dogter, Ashley, op Facebook ‘n werpsel hondjies wat huise benodig in die diereskuiling van Delaware Humane Association gesien. Biden het die sentrum gekontak en Major toe huis toe geneem, eers vir pleegsorg, maar het hom later aangeneem. Champ het al in 2008 deel van die familie geword.



