Jill Biden eerste presidentsvrou in 231 jaar wat voltyds werk

Deel hierdie storie / Share this story

Jill Biden, nuwe president van Amerika Joe Biden se vrou, sê sy sal steeds voltyds werk wanneer haar man president is. Dit sal die eerste keer in 231 jaar se geskiedenis wees dat ‘n presidentsvrou voltyds werk.

Jill, ‘n professor met twee meestersgrade en ‘n doktorsgraad in die onderwys, het dit al in die verlede duidelik gemaak hoe belangrik onderwys en haar beroep vir haar is.

“As ons in die Withuis eindig, sal ek aanhou onderrig,” het Jill in ‘n CBS-onderhoud gesê. “Ek wil hê dat mense onderwysers waardeer en hulle bydrae raaksien.”