September 16, 2021

Ouers in hof na hul baba glo vir R500 wil verkoop

Foto: Oberlo

PRETORIA – ‘n Ma en pa van Pretoria wat hulle baba na bewering vir R500 wou verkoop, verskyn binnekort in die hof.

Kapt. Kay Makhubele, polisiewoordvoerder in Gauteng, sê ‘n saak van mensehandel is deur die polisie op Hercules geopen. “Die Valke sal nou die saak verder ondersoek,” sê hy.

Netwerk24 berig ‘n bron vertel die baba is in Maart tydens die inperking gebore. Hy is glo ook nog nie eers by binnelandse sake geregistreer nie.

Inligting omtrent die egpaar wat die baba wil verkoop, het by polisielede uitgekom en só is hulle in hegtenis geneem.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *