September 16, 2021

Wetenskaplike leer voëltjies om rommel ‘in te ruil’ vir kos

Foto: Daily Mail

Hans Forsberg, ‘n Sweedse rekenaarwetenskaplike, het ekstervoëltjies opgelei om bottelproppies vir kos ‘in te ruil’.

Forsberg het met hierdie idee vorendg gekom toe hy dié voëltjies met die bottelproppies sien vroetel het en het besluit om iets te ontwerp wat met rommel in die area kon help.

Hy het ‘n bird box ontwerp wat optel wanneer een van die voëltjies ‘n bottelproppie by die opening ingooi, waarna ‘n grondboontjie of ander kos vir die voëltjie dan by die ander opening uitgestoot word.

In hierdie video is dit duidelik hoe die voëltjie met ‘n bottelprop verskyn en dit by die masjientjie ingooi. Hy sit dan in afwagting en kyk na die opening waar sy kos sal uitkom.

Forsberg het die voëltjies vir twee weke opgelei voordat hulle dit op hulle eie reggekry het.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *