WES-KAAP. – ’n Lid van die geemeenskap in Brackenfell is in hegtenis geneem nadat hy glo ‘skote’ afgevuur het.
Privaatfunksie
Sers. Noloyiso Rwexana, polisiewoodvoerder, bevestig die 39-jarige is in hegtenis geneem.
Dit volg na ’n privaat funksie deur leerlinge en ouers gereël is omdat die skool besluit het om nie ’n matriekafskeid te hou nie. ’n Video van die funksie het versprei en mense het beweer dat kinders van kleur nie genooi was nie. Die EFF eis die hoof en die onderwysers wat die funksie bygewoon het, moet vervolg word.



