WES-KAAP. – Die EFF sal na verwagting vandag vir die tweede keer by die Hoërskool Brackenfell betoog nadat video’s oor ’n privaat matriekafskeidfunksie versprei het.
Die optogte volg nadat die skool se leerlinge hulle eie matriekafskeid gereël het. Mense was onsteld omdat daar na bewering net wit kinders by die ‘matriekafskeid’ was. Mense is kwaad omdat leerlinge van kleur glo nie genooi was nie. Lees hier.
Moet vervolg word
Lede van die EFF het Vrydagmiddag by die skool opgedaag en betoog. Hulle het versoek dat die twee onderwysers wat na die privaat matriekfunksie gegaan het, moet vervolg word. Die provinsiale onderwysdepartement het aan IOL gesê hy kan nie verdere stappe neem nie, omdat hulle net as gaste genooi is. Die departement sê verder hulle het die funksie slegs bygewoon en was nie deel van die reëlings nie.
Bewapende skeruteit met polisiebemaptes
Na verwagting sal die EFF-lede vandag weer. Foto’s wat wys hoe dit vanoggend by die skool lyk, is op sosiale media geplaas. “Verkeersbeamptes het twee blokke om die skool afgekamp. Die strate voor die skoool word versper met swaar gewapende skeruteit met polisiebeamptes,” lui die inkrywing by die foto’s. Video’s wys ook hoe ouers en lede van die gemeenskap by die skool bymekaarkom in groepe. Daar het glo nog nie EFF-lede opgedaag nie.
Andre Traut, polisiewoordvoerder sê hulle ondersoek ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging nadat ’n motor se ruit Vrydag tydens die optog gebreek is. Die motor het glo aan een van die betogers behoort.







