Nuutste Covid-19-syfers in SA

Deel hierdie storie / Share this story

Suid-Afrika is op vlak een van inperking en die Covid-19-infeksiesyfer het oornag met 1 372 meer geword. Daar is nou 737 278 positiewe gevalle van die virus in die land.

Die aantal sterftes weens Covid-19 wat in die land aangemeld is, is 19 809 en 679 688 persone is van die virus genees.

Die land se gesondheidspanne kon tot op hede 4 980 440 toetse vir die virus doen.