VSA-verkiesing: Nuutste verwikkelinge

Deel hierdie storie / Share this story

President Donald Trump het weer Vrydagoggend gesê hy is gekul in die Amerikaanse verkiesing. Hy het gesê die verkiesing is een groot sameswering teen hom en ‘n korrupsiespul.

Die verkiesingsuitslae wys Joe Biden en Donald Trump loop kop aan kop.

Biden moet óf twee van die deelstate Arizzona, Noord-Carolina, Nevada en Georgia wen om president te word óf Pennsilvanië.

Trump moet drie van die deelstate Arizona, Noord-Carolina, Nevada, en Georgia wen, asook Pennsilvanië.

CNN berig Trump loop tans voor met 22 676 stemme in Pennsilvanië. Die polisie ondersoek ‘n moontlike komplot om die konferensiesentrum in Pennsilvanië, waar die stemme getel word, aan te val, ná hulle vanoggend glo inligting oor dié aanval ontvang het.