Kanye West (43), bekende kletsrymer, wat laat in die wedstryd besluit het om hom as onafhanklike kandidaat vir die presidentswedloop verkiesbaar te stel, het ongeveer 60 000 stemme ontvang uit die 12 state waar hy daarin kon slaag om homself op die stembriewe te plaas.
Die Verenigde State het Woensdag op ’n mespunt gestaan en gewag op verkiesingsuitslae, maar die lot van een kandidaat was duidelik. Kanye West sal nie die presidentswedloop in 2020 wen nie.
Die hiphop-ster en modeontwerper het die meeste aantal stemme in Tennessee behaal, waar ongeveer 10 000 mense vir hom gestem het.



