Kapenaars hoef nie meer te lank te wag voordat hulle by die Starbucks-winkel kan instap nie. Die datum waarop die takke sal oopmaak in die stad is nou 19 November 2020.
Vyf nuwe Kaapse Starbucks-takke
Altesaam vyf nuwe Kaapse Starbucks-takke sal binnekort oopmaak – in die Cavendish Square-winkelsentrum, in die Tygervallei-winkelsentrum, by die Victoria and Alfred Waterfront, op Stellenbosch en in Kampsbaai. Nog twee takke gaan in die Castle Gate-winkelsentrum in Pretoria en in Rosebank in Johannesburg open. Die ag nuwe take sal binne vier weke open.
Die nuwe winkels skep werksgeleenthede vir 69 mense.



