Altesaam 330 000 hoenders word op ’n plaas in Japan van kant gemaak na die land sy eerste uitbreking van voëlgriep in twee jaar aangekondig het.
Ongeveer 3 800 hoenders is binne vier dae dood. Die regering sal verdere genetiese toetse doen om te bevestig of die infeksie ‘n hoë patogeniese stam van die H5-voëlgriep of ‘n lae patogeniese stam het. Die laaste voëlgriepuitbraak was in Januarie 2018.
Volg FiND-iT hier.



